GRAAG wil ek vir die bestuurder van die voertuig, wat behoort aan Percy Bestuurskool, wat Donderdagaand 10 Julie om 18:20 in Kerkstraat, in Wellington, die bruin hond gestamp het en heel vinnig homself uit die voete gemaak het, sê jy behoort jou te skaam!!
Jy ry ’n bestuurskoolvoertuig wat veronderstel is om jou besigheid te adverteer, maar as jy nie soos ’n besetene gejaag het nie, sou jy nie die arme hond gestamp het dat hy omtrent 20m getol het in die pad nie!
Die minste wat jy kon doen, is om agter die hond aan te ry en vir die eienaars net sê wat gebeur het, maar nouja, lafaards moet daar ook seker maar op aarde wees.
Ek hoop regtig die eienaar van die hond lees hierdie brief en vat dit verder.
Woedende
Wellington
inwoner