Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swak diens kry jy mos maar oral, dan nie?

Swak diens kry jy mos maar oral, dan nie?
 
2008-07-17


EK verwys na die brief “Swak diens, want ons is besig”.

Ek stem volkome saam met JC Blankenberg oor dienste wat agteruit gaan in ons land.

Ek voel dis elke kliënt se reg om sy sê te sê en probleme aan te spreek wanneer dit hom raak.

As jarelange kliënt van verskillende besighede kan ek boeke skryf oor probleme en die lae kwaliteit diens wat ek kry in ruil vir my hard verdiende geld wat ek daar spandeer, MAAR EK HET NIE, want ek weet daar is nie krag in ons wonderlike land nie, en ek weet jy moet maar net op ’n naweek in ’n ry staan en jou beurt afwag om te betaal.

Wat eintlik teleurstellend is, is dat mense so maklik in die pers kla. As mense nie perfekte diens kry nie, is die gort gaar.

’n Positiewe en regdenkende persoon sal sulke probleme op ’n toepaslike manier hanteer en tog immers die bestuur nader, en dit daarna verder vat.

Dit laat my egter wonder wat die briefskrywer se motief was - om ons “mall” af te kraak pleks daarvan om te help om ’n beter inkopie-omgewing te skep? Hy koop tog immers daar.

Vir ’n besigheid neem dit jare om ’n goeie naam op te bou met die hulp van kliënte en die gemeenskap, en vir sekere mense, verg dit ’n paar uur om dit summier af te breek.

Ek is dankbaar vir Midway Mall, want ek spaar tyd, moeite en vervoeronkoste om dorp toe te ry EN ek kan nou meer daar koop. Is dit regtig nodig om so te kla?

Phillyn Abrahams




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za