Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Handelaars verkoop wetend gesteelde goed

Handelaars verkoop wetend gesteelde goed
 
2008-07-17


OP alle terreine is diefstal vervolmaak tot ’n fyn kuns. Dit beteken die land is verpes met professonele diewe en handelaars in gesteelde goedere.

Daar is dikwels iemand wat diesulkes aan die pen kan laat ry indien hy/sy die moed van hul oortuiging het of nie saamspeel op ’n ander vlak nie.

Ek waag om te sę dat indien skroothandelaars die wetlik verpligte register byhou van hul “leweransiers” sal die afsetgebiede veel minder wees en kan daar ’n kultuurverandering wees, ten minste in ons vallei.

Dit beteken natuurlik dat die polisie van tyd tot tyd diesulkes se registers behoort na te gaan om die handelaars op hul tone te hou. Dieselfde wet geld vir handelaars in tweedehandse goedere.

Dit is nie uit die lug gegryp nie - ons het van ons gesteelde goedere by ’n skroothandelaar gevind. Hy kon nie “lekker” onthou presies van wie hy dit aangekoop het nie.

Wel wetende dat dit gesteel is en ons eiendom is, het hy dit verkoop voordat die polisie daarop kon beslag lę. By ’n bekende handelaar in tweedehandse goedere het ons, ons gemerkte tuingereedskap gekry...

Indien ’n dief se hand afgekap kon word in Suid-Afrika soos in die Moslemlande, sou ons verbaas wees om te sien wie het almal stompies en sal spesiale opleidingsentrums opgerig moet word om mense te leer en oortuig om die oorblywende hand te gebruik vir werk! ’n Baie groot werkskeppingsprojek, sou ek dink.

Wellingtonner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za