Gardens vertoon beter
2005-07-07
DIE eerste span van Young Gardens Rugbyklub het Saterdag in ’n harde wedstryd vir Temperance 14-10 (8-7) geklop.
Gardens het in die eerste helfte met ongekende vuur gespeel en die besoekers deurmekaar gehad.
Neville Fortuin het vir die Rooi Rose in die lynstane uitgeblink. Tino Prins druk vir Gardens terwyl Randall George met twee strafskoppe geslaag het.
Davey de Kock (losskakel) verseker egter vir Gardens die sege toe hy in die laaste vyf minute met ’n reuse skepskop van 45m slaag. Chrisbin Meyer en Warwick May het ook uitgeblink.
Gardens se tweede en derde spanne het 3-0 en 5-0 gewen.
More
News
|