So sê David Beukes, opsigter van die span van veral jong mans en vroue wat huise besoek om die gloeilampe te versprei.
Beukes werk vir Trulec Electrical, ’n maatskappy wat deur Eskom gekontrakteer is om die gloeilampe van huis tot huis te dra.
Die voorwaarde is dat die verspreider die huisbewoner se besonderhede - identiteitsnommer en kragmeternommer wat op die munisipale rekening verskyn - op sy lys invul.
Die werknemers dra neon-groen oorhemde en het identifikasie-kaarte om hul nek.
Dit is nie nodig dat hulle die huis betree nie. Indien die huisbewoner sy eie gloeilampe wil uithaal en dit buite die woning of deur die veiligheidstralies oorhandig, is hy meer as welkom om dit te doen, sê Beukes.
Die span het hul rondes in die Paarl en Wellington voltooi, maar daar is talle wonings waar die bewoners nie tuis was nie.
“Indien iemand wil hê ons moet na ure of Saterdae by hulle aandoen, sal ons dit met graagte doen,” sê Beukes.
Skakel hom by 082-758-7605.