Kuier by prinses Jana en tante Spinasie
2008-07-17
DIE produksie Prinses Jana en Tante Spinasie, met Lize du Plessis en Vicky Stemmet, word opgevoer by die Ou Meul-teater Saterdag om 10:00. Prinses Jana, die klein prinsessie wat so lief is vir televisie-kyk, is terug in ’n nuwe avontuur. Hierdie keer word al die televisie-programme gesteel en Prinses Jana moet gaan ondersoek instel. So ontmoet sy die grillerige tante Spinasie wat haar eie cooking show het, maar al die disse word van grasgroen spinasie gemaak. Is dit dalk tante Spinasie wat die televisieprogramme gesteel het omdat niemand na haar kookprogram wou kyk nie? Anna Emm is vertroud en gemaklik as skrywer vir die kindermark en haar verbeeldingryke stories is ewe gewild onder kinders en grootmense. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|