Newtons behou sy goeie vorm
2005-07-07
NA ’n teleurstellende eerste ronde, het Newtons sy goeie spelpeil in die tweede ronde gehandhaaf deur nog een van die voorlopers in die kompetisie, Citrusdal, 15-14 te klop.
Maklik was dit egter nie en die besoekers kon dalk met ’n tikkie geluk die knoop deurhak.
Die eerste helfte was deur Newtons oorheers met hul gedugte agttal wat die botoon gevoer het.
Hulle druk dan ook drie pragdrieë om die rustydtelling op 15-5 te staan te bring.
Ná rustyd kom daar egter ’n insinking in Newtons se spel en moes hulle walgooi in die doodsnikke van die wedstryd teen die verwoede aanvalle van Citrusdal. Newtons se verdediging hou egter.
Newtons se driedrukkers was Jerome Coetzee (losskakel), Reggie Manuel (senter), en Nicollyn Whittles (vleuel).
Spelers wat uitgeblink het was Roderick Demas (slot), en Clayton Hendricks (flank).
Newtons het vir die volgende twee weke ’n loslootjie en klubs wat belang stel in ’n vriendskaplike wedstryd kan die voorsitter skakel by 083-344-5247.
Newtons Rugbyklub hou Saterdag kosverkope by die woning van M Petersen, te Septemberstraat 26.
More
News
|