Word 'ontdek' by teater-oudisies
2008-07-17
DIE kans om naam te maak in die teater word nou Paarliete gegun, met oudisies eersdaags in die Ou Meul-teater. Vir die verhoogstuk Six-地 Love Story, wat in Paarl-Oos afspeel, is daar 36 rolle vir jong akteurs wat gevul moet word. Die akteurs sal moet kan dans, of sing, of toneelspel. Al drie eienskappe is 地 bonus, maar nie noodsaaklik nie. Maak 地 afspraak om Maandag 21 Julie om 10:00 by die Ou Meulteater aan te tree vir oudisies vir die Six-地 Love Story. * Akteurs en aktrises ouer as 21 jaar word benodig vir die teaterstuk Mis van Reza de Wet. Dit is 地 realistiese stuk, met iets van die absurde, en handel oor die lewe van 地 vrou en haar jonger dogter in die Depressietyd. Oudisies word gehou Dinsdag 22 Julie om 19:00 by die Ou Meulteater. Skakel Celeste Lorison by 083ュ708-4917 om plek te bespreek.
More
News
|