Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Van Boereseun tot Brel by Breytenbach

Van Boereseun tot Brel by Breytenbach
 
2008-07-17


VAN Boereseun tot Brel, met Ollie Viljoen en Niël Rademan, is op 2 Augustus om 20:00 by die Breytenbachsentrum in Wellington op die planke.

Kaartjies is R80.

Danie Bosman, gebore 7 Februarie 1907 in Kaapstad, sou sonder twyfel in sy kortstondige lewe van 39 jaar een van die grootste komponiste en liriekskrywers in die geskiedenis van Afrikaanse musiek word.

Sy asemrowende musiek en lirieke leef jare na sy dood (1946) nog voort.

Jacques Brel, gebore in België in 1929, verloor in 1978 sy stryd teen kanker.

Hy word beskou as ’n moderne troebadoer in die Franse taal – ’n digter, sanger en komponis met onmeetbare passie.

Sy lewe was, ten spyte van sy eiesinnigheid en rebelsheid, een groot avontuur.

Sy musiek vertel stories van landskappe, suksesse, verhale van vriendskappe, drome, illusies, ontnugterings en pyn.

Om (onderskeidelik 62 en 30 jaar na hulle dood) hierdie mense se werk te eer en hulle musiek te laat leef, doen die bekroonde akkordeonspeler.

Ollie Viljoen en klavier-en-sangsensasie, Niël Rademan, ’n sensitiewe vertolking van Afrikaanse volksmusiek en Europese chansons in Boereseun tot Brel.

Bespreek by 021-873-2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za