Wintermark Saterdag
2008-07-17
’n WINTERMARK met geleentheid om heerlik te snuffel, te kou en te koop, word Saterdag 19 Julie van 08:30 tot 13:00 in die NG Moederkerk-saal in Wellington gehou. Goedere te koop sluit in varsgebakte bro- de en pasteie, koekies, lekkers, beskuit, biltong, naaldwerk, kinderspeelgoed, konfyt, ingelegde olywe en olyfolie, boeke, plante, juweliersware, handsakke, fotorame, piouterwerk en mosaïekwerke, T-hempies en kerse. Diegene wat parfuum, velsorgprodukte, kombuis- en ander ware wil verkoop (fabrieksvervaardig of handgemaak), kan Chris- ta van der Westhuizen by die kerkkantoor kontak by 082-465-7712. Inskrywingsvorms en meer inligting is ook by die kerkkantoor in Kerkstraat beskikbaar. Indien daar belangstelling is in ’n beginnerswerkswinkel in scrapbooking (twee uur, materiaal ingesluit) teen R50, kan navraag gedoen word by die kerkkantoor.
More
News
|