Kry ondersteuning by hierdie groep
2008-07-17
TERMINALE siektes en die impak daarvan op gesins- en familielede word bespreek by die volgende byeenkoms van die angs- en depressie-ondersteuningsgroep Maandag 21 Julie om 19:00 in die lesinglokaal van die Sereno Kliniek. Dit is geleë op die eerste vloer van die Optenhospgebou op die hoek van Berlyn- en Optenhorststraat, Paarl. Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan mense van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar of persone in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied. Die groep sal gefasiliteer word deur Christo Visser en Mientie Kroukamp. Vir meer besonderhede, kontak vir Mientie 021-872-7466.
More
News
|