Kursus in berading
2008-07-17
FAMSA Drakenstein nooi mense met ’n hart vir hul medemens uit na ’n kursus in basiese beradingsvaardighede. Kursusgangers sal bemagtig word met die vaardighede om met insig te luister, empatie te toon en ’n pad van ondersteuning te loop in ’n krisis. Die kursus is waardevol vir mense wat in hul kerklike verband of diensopset berading wil doen. Die kursus skop op 11 Augustus af en sal vyf weke duur met sessies op Maandae en Dinsdae van 09:00 tot 15:00. Die sluitingsdatum vir registrasie is 22 Julie. Skakel 021-872-2700.
More
News
|