Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mans kan maklik gehelp word

Mans kan maklik gehelp word
 
2008-07-17


SPESIALE tariewe word tans deur die Kankervereniging van Suid-Afrika (CANSA) aangebied in samewerking met Pathcare vir bloedtoetse om probleme in die prostaat vroegtydig op te spoor.

Hierdie toetse word tot einde Julie teen R60 kontant aangebied.

Mans ouer as 50 jaar word aangemoedig om jaarliks hierdie eenvoudige siftingstoets vir prostaatkanker te ondergaan.

Hoe vroeër prostaatkanker opgespoor word, hoe beter die kanse op doeltreffende behandeling.

In die meeste gevalle toon prostaatkanker geen simptome in die vroeë stadiums nie, maar kan deur middel van hierdie bloedtoets opgespoor word.

Die Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets is ’n eenvoudige bloedtoets wat die teenwoordigheid van ’n sekere proteïen wat in die prostaatklier gevorm word en ’n aanduiding van kanker kan wees, identifiseer.

Indien hierdie tellings verhoog is, sal verdere toetse gedoen word om te bepaal wat die oorsaak is.

Vroeë waarskuwingstekens van prostaatkanker is probleme om te urineer, herhaalde behoefte om veral snags te urineer en probleme om die urinestroom te begin en te stop.

Latere gevaartekens van prostaatkanker is bloed in die urine, ’n pynlike of brandende sensasie tydens urinering en pyn in die lae rug, bobene of bekken.

Mans kan gedurende Julie bloed laat trek by Paarl Pathcare Lab by Paarl Medi-Clinic weeksdae van 08:00 tot18:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00.

Skakel 021-­872-5158.

Bloed kan ook getrek word op Wellington. Skakel 021-873-1057. Vir die diens op Franschhoek, skakel 076-279-4755.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za