Violets vou teen Gardens
2008-07-17
VIOLETS RUGBYKLUB het Saterdag, in ’n tweederonde wedstryd, met 8-26 vasgeval teen Young Gardens. In die eerste helfte het beide spanne ’n konserwatiewe benadering gevolg en was hulle versigtig om die bal wyd te speel. Met beide spanne wat nie bereid was om kanse te vat nie het die spanne gaan rus met die telling op 3-0 in die guns van Gardens. Ná rustyd het die spelers mekaar voor- en agterlangs die stryd begin aansê wat gou uitgeloop het op ’n drie vir Gardens. Violets het talle strafskoppe behaal, maar hul onvermoë om die kantlyn te haal het aan Gardens gehalte bal besorg waarmee hulle gevaarlike teenaanvalle geloods het wat in drieë omskep is. Met die spel wat los begin raak het, het Violets ook geantwoord met ’n drie deur Jeremy Klaasen. Uitblinkers aan Violets se kant was Eduardo de Jager, Brandon Anderson, Colin du Toit en Klaasen. Violets speel Saterdag teen Riverstones op Daljosafat. Die eerste wedstryd begin om 13:30. Violets hou op 26 Julie ’n fondsinsamelingsfunksie in die vorm van ’n hoenderbraai aan huis van Kennith Dennis te Grebestraat teen R30 ’n bord. Kaartjies is by die spelers beskikbaar
More
News
|