Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere word oor skoot getrek

Tiere word oor skoot getrek
 
2008-07-17


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Faurestraat-stadion tydens ’n Superliga B rugbywedstryd teen Kuilsrivier harde bene gekou toe hulle met 21-42 slae gekry het van die besoekende span.

Die Tiere het die wedstryd goed begin en eerste punte aangeteken met ’n strafdoel deur die skrumskakel Dominique Daniels. Daniels se skopvoet het immers die Tiere deurgaans in die prentjie gehou.

Kuilsrivier se pak voorspelers het Peoples swaar laat leef in die skrums wat beteken het dat die tuisspan se losvoorspelers hard moes probeer om hul span op die voorvoet te plaas.

Swak verdediging agterlangs het veroorsaak dat die Tiere te maklik drieë afgestaan het met die gevolg dat die tuisspan moes gaan rus met ’n agterstand van 9-20.

Ná rustyd het die Tiere met hernieude vuur begin speel met hul vleuel, Luantion Abelse, wat met twee skitterdrieë beloon is.

Swak afronding en oorgretigheid het egter veroorsaak dat die Tiere geen verdere punte kon aanteken nie en Kuilsrivier se agterlyn het die tuisspan se foute deeglik uitgebuit.

Peoples sal vinnig moet leer om as ’n eenheid saam te speel en hul opponente onder druk te hou vir die volle duur van die wedstryde.

Peoples se tweede span het met 16-10 gewen en die derde span het met 0-21 die knie gebuig.

Peoples se o.20’s het met 10 elk gelykop gespeel.

Young Peoples speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Primrose. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel teen R20.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za