Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel begin tweede ronde op wennoot

Pniel begin tweede ronde op wennoot
 
2008-07-17


PNIEL VILLAGERS het daarin geslaag om die span van Primrose, op laasgenoemde se tuisveld, oortuigend met 23-8 te klop in hul eerste wedstryd van die tweede ronde in die Superliga B-kompetisie.

In ’n baie aanskoulike wedstryd was die grondslag vir die oorwinning gelê deur die besoekers se agttal wat goed geskrum en gedryf het.

Onder Pniel se agtal verdien die kantman, Jameel Ladouce, spesiale vermelding, asook Mark Arendse en Reagan “Honda” Africa.

Agterlangs het die losskakel, Angelo Nelson, goeie spel gelewer. Die senter Stefanus Cedras het ’n paar keer vlymskerp gebreek terwyl die vleuels, Ricardo Windvogel en Gavin Petersen, sterk genael het.

Petersen, Claude Voss en Garland Alberts het Pniel se drieë gedruk terwyl Ricardo Windvogel twee strafskoppe en ’n doelskop behaal het.

Pniel Villagers speel Saterdag tuis teen Kuilsrivier.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za