Riverstones maak skoonskip
2008-07-17
RIVERSTONES het Saterdag skoonskip gemaak teen Lower Paarl op Daljosafat deur al sy kragmetings gemaklik te wen. Die eerste span het vir Blues met 32-8 geklop. Manfred Solomons, Varkie Swarts en Skerm Mouwers (2 drieë) het gesorg vir Riverstones se drieë. Mouwers het ook ’n skepdoel behaal. Donovan Hougaard het geslaag met ’n strafskop en drie doelskoppe. Riverstones se tweede span het sy wedstryd met 38-0 gewen met die derde span wat met 27- 10 koning gekraai het. Riverstones se juniors het 43-5 gewen. Saterdag speel Riverstones teen Violets. * Riverstones en Violets hou Sondag (10:00) ’n diens by die VGK Strauss-saal. Riverstones se ondersteunersklub hou ook Sondag om 15:00 ’n vergadering aan huis van Simon Julies.
More
News
|