Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers betaal duur

Kavaliers betaal duur
 
2008-07-17

Jaco van Wyk

DIE Kavaliers gaan hul nederlaag teen die Leeus vinnig agter die rug moet plaas indien hulle terug op die wenpad wil kom in vanjaar se Absa Curriebekerkompetisie.

Dit is dalk te vroeg in die kompetisie om die Kavaliers se kanse om die Curriebekertitel af te skryf aangesien die hardemanne van Wellington enige span op sy dag kan klop. Die feit van die saak is egter dat ’n loesing van 17-57 ’n behoorlike pakslae is ongeag die verskonings wat gemaak kan word.

Die verloor plaas die Kavaliers tweede laaste op die Curriebeker-punteleer, maar in dié vroeë stadium van die kompetisie is die spanne se punte nog so gelyk dat al die spanne nog ’n realistiese kans staan om die gesogte beker te verower.

Die Kavaliers sal egter sy sokkies moet optrek en soveel punte as moontlik moet opstapel voordat die groter provinsies se Springbokke later vanjaar hul terugkeer tot die Curriebeker maak.

Die Kavaliers bied elke wedstryd baie veggees en kon selfs na halftyd nog vir ’n oorwinning veg met die telling op 10-24. Die Kavaliers het immers eerste agter die doellyn gaan kuier toe Bradley Mockford vroeg in die wedstryd die bal onderskep het en vir die agtsteman, Dries van Schalkwyk, weggestuur het vir ’n drie. Dié Kavaliers se onderskep-drie mag dalk nie vanaf goeie fase-besit gekom het nie, maar dit is ’n aanduiding van die dringendheid waarmee hulle elke wedstryd begin. Die Kavaliers moet net leer om hul gesag vir 80 minute af te dwing.

Die Kavaliers se skrum kan met enige span in die kompetisie saamgesels, en dit sluit die gevaarlike pak van die leeus ook in. Boland het egter vroeg in die tweede helfte afskeid geneem van hul bobaas loskopstut, Janro van Niekerk.

Asof dit nie erg genoeg was nie moes hulle ook toekyk hoe die belowende skrumskakel, Dewald Duvenhage, die veld verlaat. Hierna het die Leeus omtrent al die praatwerk gedoen en altesaam agt drieë gaan druk.

Elgar Watts het Boland se ander drie gedruk en ook geslaag met ’n strafdoel. Lionel Cornelius was ook in die kol met ’n strafdoel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za