Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl verwoes Brackenfell

Paarl verwoes Brackenfell
 
2008-07-17

Jaco van Wyk

PAARL RUGBYKLUB het Saterdag heeltemal te veel skietgoed gehad vir die span van Brackenfell deur laasgenoemde op hul tuisveld met 48-6 af te stof.

Die Paarliete se teenstanders was ’n veel jonger span, dus het die besoekers van hul ervaring gebruik gemaak om gesag af te dwing deur die hardebaarde voorlangs die praatwerk te laat doen.

Met Eduan Conradie aan die spits, het hy saam met Lionel Hugo en Shaun Taylor, as ’n lostrio, uitstekend gekombineer. Die drietal het Brackenfell se lostrio totaal oorskadu en telkemale die tuisspan se balbesit gesteel.

Met die vinnige bal wat aan die agterlyn besorg is, kon Paarl baljaar en het hulle gate deur Brackenfell se verdediging gehardloop.

Brackenfell, wat geen teenvoeter vir Paarl se verwoede aanslag gehad het nie, het later die man, eerder as die bal, begin speel.

Brackenfell se nukkerige spel het egter tot ’n geel- en ’n rooikaart gelei en dit het Paarl se geveg om ’n oorwinning in ’n drafstap omgekeer. Paarl het altesaam sewe drieë behaal.

Agterlangs was Clive Samuels weereens goud werd vir die Paarliete met sy goeie algemene spel en akkurate skopvoet. Samuels het ’n drie gedruk en ook vyf drieë verdoel.

Paarl se ander drieë is gedruk deur Brian Kramer (2), Shaun Taylor, Stephan Coetzee, Marco Martin en Rayno van Wyk.

Vir die tweede span was Rudolf Buys die juweel met ’n drie en vier doelskoppe in sy span se oorwinning van 38-21 oor die tweede span van Brackenfell.

Paarl se derde span het met 15 elk gelykop gespeel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za