Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wetenskap Ekspo inskrywings sluit

Wetenskap Ekspo inskrywings sluit
 
2008-07-17


DIE sluitingsdatum vir skoliere se deelname aan die streekkompetisie van die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes op Stellenbosch is 31 Julie.

Die streekkompetisie sal op 21 en 22 Augustus by Paul Roos Gimnasium se Aktiwiteitsentrum op Stellenbosch plaasvind.

Die Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys aan die Universiteit van Stellenbosch (IWWOUS) se Fakulteit Opvoedkunde reël hierdie jaarlikse streekkompetisie.

Verskeie skole uit die Boland, Overberg en Weskus neem aan die kompetisie deel in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe.

Leerders kan projekte inskryf in afdelings wat wissel van fisiese of chemiese wetenskappe, tegnologie, innovering en elektronika, dier- of plantwetenskappe, klimaatsveranderingstudies, mediese en gesondheidswetenskappe, landbou, voeding, wiskunde, rekenaarwetenskappe en sosiale wetenskappe.

Medaljes, asook spesiale kontantpryse, sal oorhandig word aan die afdeling-prys­wenners.

Vyftien projekte gaan gekies word om die streek by die nasionale Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes in Pretoria te verteenwoordig.

Vir meer inligting, kontak Erika Hoffman by 021-808-3482 of epos ehoff@sun.ac.za




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za