Muurbalspelers maak stem dik
2008-07-17
LEDE van Boland Muurbal het onlangs goed vertoon by die interprovinsiale muurbaltoernooie wat in Port Elizabeth, Oos- Londen, Bloemfontein en Stellenbosch plaasgevind het. Lizane Vlok van La Rochelle het as deel van die o.19A-dogterspan ’n silwer medalje verower by die toernooi in Stellenbosch. Theo Muller (Boland Landbouskool), Christopher Fourie (Gimnasium) en Schalk Esterhuyse (Boishaai) was lid van die o.16A- seunspan wat ’n bronsmedalje verower het in Port Elizabeth. Jade Pepler en Gerjo van der Merwe (albei van Boishaai) het deel gevorm van die o.16A seunspan wat vierde geëindig het in Port Elizabeth. James Hockey van Wellington Preparatory School was lid van die o.13A-seunspan wat ’n vierde plek behaal het in Oos-Londen. Marius van Rensburg (o.14 Boishaai; 6de), Delena Malan (o.14 Hugenote; 9de), Pepler (9de) en Vlok (eerste) het almal onder die top tien geëindig by toernooie in Suid- Afrika. Vlok is ook opgeneem in die SACD span wat tans aan die Jarvis/Kaplan Cup deelneem in Kaapstad. Sy het slegs een wedstryd verloor teen OP (0-3). Vlok het koning gekraai teen WP (3-2), Gauteng (3-2), Middeland (3-0), KZN (3-1), Vrystaat (3-0) en Noord-Gauteng (3-1).
More
News
|