SA Skolespan se drie plaaslike pêrels
2008-07-17
NA hulle uitstekende spel gelewer het tydens vanjaar se Coca-Cola o.18 Cravenweek, is die drie Paarliete, Helmut Lehman, Ruan Smith en Garth April ingesluit in die SA Skolespan. Lehman en Smith is albei leerders aan Hoërskool Gimnasium en het tydens die Cravenweektoernooi vir WP uitgedraf. April is 'n leerder by Bergrivier Sekondêr en het puik spel gelewer vir die o.18 span van Boland. Die toernooi was aangebied in Pretoria.
More
News
|