Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Kelder vaar goed oorsee

Boland Kelder vaar goed oorsee
 
2008-07-24


WYNE van Boland Kelder in die Paarl het vanjaar weer van die wêreld se mees gesogte toekennings by twee internasionale kompetisies ver- ower.

Vanjaar was Boland Kelder se Boland No 1 Reserve Shiraz 2005 die enigste Suid-Afrikaanse wyn wat ’n dubbelgoud (Grand Gold) medalje by die gesogte jaarlikse ‘Sélections Mondiales des Vins’ in Kanada, die grootste wynkompetisie in Noord-Amerika, verower het.

Dit is die hoogste toekenning in hierdie kompetisie met slegs sewe dubbelgoud medaljes toegeken.

Boonop het Boland Kelder ook twee van die slegs vier goue medaljes wat aan Suid- Afrikaanse wyne toegeken is, ontvang, vir die Boland No1 Reserve Chardonnay 2006 en Boland Winemakers Selection Merlot 2005.

Boland Kelder was die enigste produsent wat ’n dubbelgoud en twee goue medaljes opgelewer het.

Die Kanadese Selections Mondiales de Vins het vanjaar altesaam 2 131 inskrywings van 700 produsente uit 30 lande ontvang.

Volgens die organiseerders was die gehalte van die wyne wat vanjaar ingeskryf is sodanig dat 75% van die inskrywings 80 punte of meer uit ’n totaal van 100 verwerf het. Om heel bo te kon uitkom, was dus ’n groot prestasie.

Die druiwe vir die Boland No 1 Reserve Shiraz 2005 is van ’n enkel nege-jaar-oue wingerd teen die hange van die Paardeberg bekom, waar die koel seebries ’n matigende invloed op die ontwikkeling van die druiwe gehad het.

Die druiwe is met die hand geoes en het ’n donker robynrooi, vol wyn met subtiele pruim en speseryagtige geure tot gevolg.

Die wyn vertoon ook diversiteit en die hout- en vrugtegeure gee ’n goeie balans van strelende tanniene op die tong.

Die Boland Winemakers Selection Merlot 2005 was ook een van twee wyne van Boland Kelder wat goud verower het by die ‘Concours Mondial de Bruxelles’ 2008.

Om op twee gesogte internasionale kompetisies met dieselfde wyn ’n goue toekenning te ontvang, is ’n uitsonderlike prestasie.

Die ander wyn wat goud by hierdie kompetisie ontvang het, is die Boland Kelder Cabernet Sauvignon Reserve 2005.

Altesaam 6 189 wyne is vir die kompetisie ingeskryf, waarvan 199 uit Suid-Afrika.

“Die 2005-oesjaar was oor die algemeen ’n uitstekende jaar en oesjare speel ’n ongelooflike groot rol in die uiteindelike kwaliteit van die wyn. Oor die voorafgaande jare is daar baie inligting opgebou oor die beste blokke druiwe,” sê Altus le Roux, besturende direkteur van Boland Kelder.

“’n Goeie wyn begin by goeie druiwe, en goeie druiwe kom net met goeie bestuur van wingerd. Ons produsente lewer nie net kwantiteit nie, maar ook kwaliteit.

“Die afgelope paar jaar is die beste blokke wingerd tot ons beskikking geïdentifiseer en ons het voor parstyd alreeds ’n goeie aanduiding van watter druiwe uiteindelik as wyn in hout gesit sal word.

“Die bereiding van die wyn is ook baie belangrik. Tyd in hout word goed gemonitor en toegepas, veral in die tyd voor AMG (appelmelksuurgisting).

“’n Volmaakte troue in hierdie verouderingsproses verseker ’n uitstekende produk.”

Volgens Jurie Germishuys, keldermeester van Boland Kelder, is spanwerk die sleutel tot die kelder se sukses.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za