EK rig hierdie brief aan die skrywer van “Acting in Sewende Laan at Huguenot Station”, in verband met die brief wat op 18 Julie in Paarl Post verskyn het.
Kry tog net asseblief die apartheidsjare agter die rug.
Kyk eerder na die breër prentjie, want dit klink vir my baie of jy jou vasstaar in persone se ras. Hoekom spreek jy nie die sekuriteitswagte aan wat nie hulle werk gedoen het by Hugenotestasie nie?
Jy was daar en het die hele gebeurtenis en die drinkery van die “wit mense” gesien, hoekom het jy nie summier by die sekuriteitsbeampte gaan kla nie, of hoekom het jy nie jou brief gerig aan die stasiemeester nie?
Ai, lyk my ons land sal nooit kan aanbeweeg nie, want mense behandel nie persone as individue nie, maar moet altyd vaskyk in ras. Dit is nou al so ’n afgesaagde wysie.
Nou vra ek jou meneer of mevrou,