Kursus in beradingsvaardighede
2008-07-24
FAMSA Drakenstein nooi mense met ’n hart vir hul medemens uit na ’n kursus in basiese beradingsvaardighede. Kursusgangers sal bemagtig word met die vaardighede om met insig te luister, empatie te toon en ’n pad van ondersteuning te loop in ’n krisis. Die kursus is waardevol vir mense wat in hul kerklike verband of diensopset berading wil doen. Die kursus skop op 11 Augustus af en sal vyf weke duur met sessies op Maandae en Dinsdae van 09:00 tot 15:00. Vir meer besonderhede, skakel 021872-2700.
More
News
|