Bonsaiers vergader oor grond
2008-07-24
AANGESIEN oorplanttyd vir Bonsais nou vinnig nader kom, gewoonlik so wanneer die eerste tekens van die lente begin wys, gaan die Bonsaiers by Saterdag se vergadering praat oor grond, grondmengsels, en die verskillende elemente in grond. Die idee is om lede, en besoekers wat welkom is, toe te rus met kennis sodat hulle kan vasstel wat moontlik fout is met hulle probleembome. * Tydens die Augustusvergadering sal daar voorbeelde gewys word van fisiese oorplanting. Nog ’n onderwerp van bespreking hierdie tyd van die jaar is hoe om peste en plae te vermy. Saterdag se vergadering vind plaas aan huis van Colin Welch in Welgevallenstraat 19, Dalsig, Stellenbosch. Vir navrae, skakel Francois Voges by 021-851-4602 of 021851-7124. Daar sal ’n demonstrasie vir beginners plaasvind gedurende die middag van 9 Augustus by die Paarlvallei-kwekery. Skalel Pietman Retief by 0825541476.
More
News
|