Samaritane skenk bloed
2008-07-24
DIE Westelike Provinsie Bloeddiens het Vrydag ’n bloedoortappingsessie by Laerskool WA Joubert in die Paarl gehou om ouers en onderwysers te betrek by bloedskenkings Adanaan Arnold, promosiebeampte van die Westelike Provinsie Bloeddiens het gesê dat hulle daagliks 700 eenhede (sakkies bloed) benodig om lewens te red. Jaarliks word 160 000 eenhede bloed gebruik. Skenkers kan enige Donderdag tussen 10:00 en 19:00 inloer by die kantoor van die Bloeddiens te Hoofstraat 262, Paarl (langs Mica). Enige persoon wat meer as 50kg weeg en gesond is, en tussen die ouderdom van 17 en 65 jaar is, kan bloed skenk. Vir verdere navrae kan Adanaan Arnold by die Bloeddiens in die Paarl by 021-8711030 gekontak word.
More
News
|