Sport Dagboek
2008-07-24
GMT Paarl-Oos Krieketklub begin Maandag en Woensdag met hul oefeninge vanaf 17:00 tot 18:00 op New Orleans se sportgronde. Die klub se binnenshuise oefeninge vind 15, 22, 29 Augustus en 5, 12, 19 September plaas vanaf 19:30 tot 21:10 by Bolandpark. * Paarl Krieketklub se Algemene Jaarvergadering vind Sondag om 15:00 plaas. Oefeninge ter voorbereiding van die seisoen vind van 7 Augustus plaas op Woensdae (18:30) te Boland Park en op Donderdae (19:30). Nuwe spelers is welkom. RUGBY * Ter feesviering van Violets Rugbyklub se 105ste feesjaar vra die klub dat alle oud- spelers, veterane en ou kroks, Dinsdag om 19:00 by Paulus Joubert se velde ontmoet. Kontak David Adams by 083-668-0231. * New Orleans hou Woensdag ’n byeenkoms vir alle oud-studente rakende die wedstryde rondom die Derbydag wat op 7 Augustus plaasvind. Kontak vir Mark Goliath (084-374-3429) of Baba Pietersen (084-097-1152) vir verdere inligting. * Noorder-Paarl Hoërskool nooi alle oud-studente rugbyspelers na ’n vergadering op Dinsdag om 19:00 in verband met reëlings vir oud-studente wedstryde. Kontak D Andrews by 021-872-7016(skool) of 084-621-3066. Die Derby vind plaas vanaf 12 tot 16 Augustus. * Albions Rugbyklub speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Belhar. Die bus vertrek om 11:30, en vanaf Shell om 12:30. * Newtons speel Saterdag op sy tuisveld teen die ligavoorlopers, Ashton United. Dié kragmeting behoort vir rugby uit die boonste rakke te sorg. Die uitslag van die wedstryd sal ’n bepalende faktor wees oor wie die moontlike kampioene sal wees. Newtons bied gedurende die skoolvakansie in September sy jaarlikse karnaval aan. Voornemende stalletjiehouers kan vir G Williams (083-483-5163) of L van der Westhuizen (083-695-3725) kontak.
More
News
|