Sandrivier baas in derby
2008-07-24
WEDSTRYDE in die Wellington sone-liga het weereens kookwaterrugby opgelewer, met Sandrivier A wat sy derby-wedstryd teen Bergrivier A met 20-16 gewen het. Sandrivier B het vir Bergrivier B met 20-0 ore aangesit. Evergreens A het vir Warriors A met 16-15 geklop, terwyl Evergreens B met 12-0 baas was teen sy eweknie van Evergreens. Beide Superstars se A (11-10) en B (8-3) spanne het geswoeg om oorwinnings te behaal teen die spanne van Young Stars. Oseans A het Lions A met 20-5 geklop en Oseans B het gelykop gespeel teen Lions B. Stones B het Doolhof B met 22-3 verslaan. Stones A en Doolhof A se wedstryd het nie plaasgevind nie.
More
News
|