Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek in die voorhuis

Musiek in die voorhuis
 
2008-07-24


DIE Musiek in die Voorhuis op Mooikelder het ’n splinternuwe klank.

Kom vier dit met die ingebruikneming van die Kawai vleuelklavier Sondag om 17:00.

Die kaggelvuur sal brand en koffie en tee en Nwanedi wyne sal die binneste warm maak!

Die sopraan, Cornelia Vos, met begeleier Lydia Dedekind, gaan die wintersmiddag sommer aan die brand sing en speel met ’n nostalgiese program van bekende musiek.

Liedere soos ‘Some day my heart will awake’ en ‘Waltz of my heart’ van Ivor Novello, ‘Mr. Right’ van Kurt Weill, Dvorak se ‘Rusalka’s Song to the Moon’ en alombeminde Puccini arias, is maar ’n klein deeltjie van die program.

Cornelia is ’n gesoute kunstenaar en ’n plesier om na te luister!

Sy het opera studeer by die Universiteit van Kaapstad en was daarna ’n permanente lid van Naruk waar sy solo rolle in verskeie operas gesing het, sowel as Ellen in die Lakme produksie wat spesiaal vir televisie gemaak was. Die laaste paar jaar het Cornelia en Sybil Whiteman geslaagde optredes oral in die Skiereiland gehad.

Vir navrae en bespreking, kontak Adri by 021-869-8787 of 082-749-8936.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za