Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples van oorwinning beroof

Peoples van oorwinning beroof
 
2008-07-24


YOUNG PEOPLES was Saterdag op Rosmead baie ongelukkig om met ’n onbestrede strafdrie, in die laaste minute van hul wedstryd teen Primrose, met 24-29 vas te val.

Peoples het deur die loop van die wedstryd die swaar voorspelers van Primrose deeglik in toom gehou met goeie verdediging.

Die Tiere was ook eerste om punte aan te teken met ’n strafdoel deur die heelagter Dominique Daniels.

Daniels se skopvoet het die Tiere deurgaans in die prentjie gehou en hul hegte verdediging agterlangs het verhoed dat Primrose enige momemtum kon kry.

Met Primrose wat twee keer in die eerste helfte gestraf is met geelkaarte weens ongeoorloofde spel het die twee spanne gaan rus met die telling op 6-9 in die Tiere se guns.

Ná rustyd het die Tiere gaan lê en vir Primrose toegelaat om twee vinnige drieë te druk om ’n voorsprong te kry van 9-22.

Die Tiere het hierna wakker geskrik en ewe skielik aanskoulike, hardlooprugby begin opdis.

Ná ’n vinnige tikskoppie deur die skrumskakel Barry Williams, het die vleuel, Eugene Herklaas, in die hoekie gaan druk.

Hierna het Peoples hul teenstanders onder geweldige druk gehou en die lem van Peoples, Ben Martin, is langs die pale oor vir sy drie om sy span te laat voorloop met 24-22.

Primrose het gesukkel om die verdedigingsmuur van Peoples te breek, maar swak beslissings deur die skeidsregter het die tuisspan in die Tiere se gebied gehou.

In die laaste minute van die wedstryd het Peoples se dekverdediging ’n hoë duikslag, 10m vanaf die doellyn, op die vleuel van Primrose uitgevoer.

Die skeidsregter het, sonder om te aarsel, ’n strafdrie aan Primrose toegeken wat Peoples se doppie geklink het.

Peoples sal nou moet voortbou op die goeie samespel tussen voor- en agterspelers vir Saterdag se wedstryd teen Kraaifontein op Faurestraat-stadion.

Peoples se tweede span het gelykop gespeel met 13-13. Die Tiere se derde span het hul teenstanders met 12-8 geklop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za