Pop Rock in Afrikaans
2008-07-24
KWALITEIT pop rock het ons min van in Afrikaans. Vir behoud moet mens begin soek na mense wat tydens die skryf en toonsetproses verder kan kyk as die gewone en musiek maak wat interessanter is en langer hou. Klopjag het dit, en hulle gaan dit bewys in die Ou Meulteater Saterdag om 20:00. Hulle kan ’n song aanmekaar sit op ’n hoër standaard as wat tans die mainstream norm is. Die klankmeng is heerlik, en op die verhoog veral is dit indrukwekkend hoe dit als saamwerk. Sien, jy’t ’n tjello en ’n keyboard, ’n metal drummer, drie kitaarslaners, ’n bekfluit en ’n een van daai bassists met ’n presence, wat snaakse dinge doen wat jou aandag trek. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056
More
News
|