Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards het te veel skietgoed

Standards het te veel skietgoed
 
2008-07-24


YOUNG STANDARDS het Saterdag hul segetog voortgesit toe hulle die rugbyspan van Laer-Paarl met 42-20 op Daljosafat-stadion verslaan het, en in die proses ’n waardevolle bonuspunt verdien het.

Die wedstryd was hard en aanskoulik, met albei spanne wat bereid was om die bal lug te gee.

Terwyl Laer-Paarl bereid was om met hul agterspelers aan te val, was dit Young Standards wat hul voorspelers ingespan het om voorlangs sag te maak.

Voorlangs het veral Bebe van Schoor, Lee Scholtz, Marchel Brown en Hanley Goliath ’n barshou gespeel en verseker dat die agterlyn skoon besit kry.

Agterlangs kan geen speler van Standards uitgesonder word nie, aangesien die hele agterlyn mekaar uitstekend ondersteun het.

Laer-Paarl het in die laaste 15 minute van die wedstryd sterk begin aanval en twee vinnige drieë gedruk, maar dit was te laat om enige verskil aan die wedstryd te maak.

Vir Standards het Bebe van Schoor (twee drieë), Hanley Goliath, Lee Scholtz, Marchel Brown en Owen Timmie drieë gedruk. Enrico Davey het geslaag met drie doelskoppe en twee strafdoele.

Standards se tweede span het gewen met 34-5 en die derde span het met 27-25 geseëvier.

Voor Saterdag se kragmetings het die jongste puntestand gewys dat al die spanne nog baie het om voor te speel.

Riverstones was die voorlopers met 33 punte gevolg deur Gardens op 29. Windmeul het 30 punte gevolg deur Young Standards op 28.

In die tweede span afdeling was Gardens en Young Standards gesamentlik voor met 37 punte, gevolg deur Riverstones met 31 punte.

In die derde span afdeling is Young Standards los voor met 41 punte, gevolg deur Violets met 26 punte.

Saterdag speel Young Standards teen Violets op Daljosafat Stadion.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za