Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmaandvieringe met eish ja, met eish

Taalmaandvieringe met eish ja, met eish
 
2008-07-24


'n BYMEKAARKOMS van Afrikaans, isiXhosa, Engels en Sesotho, vind op Saterdag 23 Augustus in Mbekweni net buite die Paarl plaas as deel van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se Taalmaandvieringe.

’n Multikulturele, veeltalige program met gedigvoorlesings, sang, dans en tradisionele kos wag op besoekers aan Chippa’s Place, ’n plaaslike restaurant, wat met die Taalmuseum en Paarl Toerisme saamspan vir dié fees met die naam “Met eish, ja”. ’n Feesbus sal besoekers vanaf die Taalmuseum na Chippa’s Place vervoer.

Die Taalmuseum, wat sedert 1999 ’n jaarlikse Taalweek vier, werk vanjaar met verskeie organisasies saam om ’n maandlange program van musiek, voorlesings, praatjies, opvoedkundige programme en geleenthede in die Paarl en omgewing aan te bied.

* Die tweede Mathews Phosa-gedenk­lesing word op Donderdag 14 Augustus by die Taalmuseum aangebied, met die redakteur van Die Burger, Henry Jeffreys, as gasspreker. * Graad 8- en 9-leerders kan op 12, 13 of 14 Augustus ’n spesiale opvoedkundige program van die Taalmuseum bywoon, wat ’n vertoning oor die geskiedenis van Afrikaans deur studente van die US Dramadepartement insluit.

* ’n Moet vir opera-liefhebbers is ’n optrede deur die bekende Kaapse Operagroep op Vrydag 15 Augustus in die Hoërskool Gimnasium Ouditorium, wat musiek uit gewilde operas en operettes insluit.

Die volledige Taalmaandprogram is beskikbaar by www.taalmuseum.co.za. Skakel 021-872-3441 vir meer inligting.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za