Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aan die brand

Aan die brand
 
2008-07-24

Jaco van Wyk

PAARL RUGBYKLUB het Saterdag met ’n kragtige aanslag vorendag gekom om vir Scotsdene met 38-10 af te stof op Daljosafat se sportgronde.

Deur die loop van die wedstryd was dit asof daar net een span opgedaag het om rugby te speel. Die Paarliete het nooit die krane toegedraai nie en altesaam ses drieë aangeteken.

Paarl kon egter nog ’n halfdosyn drieë behaal het as hulle nie so oorgretig was om oor hul teenstanders te hardloop nie.

Soos verlede week teen Brackenfell, het die Paarliete in alle afdelings van die wedstryd die oorhand gehad.

Met die tuisspan se voorhoede wat hul teenstanders hard laat kreun het, kon die agterspelers lekker baljaar met die bal.

Met Clive Samuels (speler van die wedstryd) weereens op sy gevaarlike beste, het Paarl uit alle hoeke van die veld aangeval.

Elke keer wat die tuisspan die bal wyd gespeel het, moes die besoekers verwoed probeer keer. Scotsdene het dit egter onmoontlik gevind om al die gate toe te stop.

Onder die voorspelers lewer Paarl se lostrio week na week uithalerspel. As Eduan Conradie, Lionel Hugo en Shaun Taylor nie besig is om hul teenstanders se balbesit te vertraag nie, is hulle besig om oor die voordeellyn te beur met hul kragtige stormlopies.

Op die ou end het net Paarl die praatwerk gedoen en ’n spanpoging deur al vyftien spelers was die regte resep om vir Scotsdene kaf te draf.

Indien Paarl op dié vertoning voortbou, behoort hulle nie weer vanjaar die knie te buig nie.

Hugo (twee drieë), Samuels (twee drieë), Rayno van Wyk en Stephan Coetzee het Paarl se drieë gedruk. Samuels het vier van sy span se drieë verdoel.

Paarl se tweede span het hul teenstanders met 40-15 afgestof. Paarl se derdes het met 22-6 gewen.

Paarl se o.20’s het Saterdag, teen halftyd, ’n goeie 7-0 voorsprong teen Helderberg geniet voordat die manne van die Strand hul senior spelers opgestuur het om ’n nederlaag te voorkom.

Helderberg was op die ou einde met 29-14 baas.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za