HJS wen oortuigend; Gim skrik groot
2008-07-24
DIT was amper of Hoërskool Gimnasium was Saterdag sy onoorwonne status kwyt toe Wynberg hard teruggeveg het teen ’n sterk eerste helfte poging deur die Paarliete. Gim was uiteindelik met 35-30 baas nadat hulle kort voor die einde nog met 29-30 agter was. Gim was halftyd voor met 21-0. * HJS het sy wedstryd teen SACS oortuigend gewen met 38-13. HJS het ses drieë in die proses behaal en ’n rustyd-voorsprong van 22-3 gehad. * Boland Landbouskool is op sy beurt deur die span van Rondebosch verras toe die Bolanders met 25-29 vasgeval het. Die rustydtelling was 8-10 in die guns van Rondebosch. * Hugenote het hard geveg om ’n nederlaag te voorkom toe hulle Saterdag met 31-24 gewen het teen Charlie Hofmeyr. Hugenote was teen rustyd met 14-10 voor. * Labori het, ondanks ’n beter tweede helfte as hul teenstanders, met 10-16 vasgeval teen Vredenburg. Die Paarliete was teen rustyd reeds agter met 5-16.
More
News
|