Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bedrogskema hof toe

Bedrogskema hof toe
 
2008-07-24


PAARLIETE wat meer as R10 miljoen verloor het in ’n bedrogskema wat brandstof oor die land sou versprei, kon gister die mans wat hulle na bewering om die bos gelei het, in die hof sien.

Carl Haggard (44) van Rawsonville het glo meer as drie jaar lank onderwysers, polisiemanne en veral bewaarders oorreed om hul werk te bedank en hul uittreepakkette en pensioengeld te belę by sy skema.

Toe die liegstorie verlede jaar op die lappe gekom het, het bewaarders vertel dat hulle nie blindelings beleggings gemaak het nie.

’n Bewaarder se vrou het Haggard beskryf as: “So ordentlik, met die mooiste maniere. As hy klaar gepraat het, het jy soos ’n koningin gevoel.

In 2004 het Derick Kellerman van Noorder-Paarl by ’n tabakfirma uitgetree en ’n reuse belegging by Haggard gedoen.

Ses weke later het hy sy eerste dividende ontvang. Hy het vriende en familie van die belegging vertel, en ook hulle het ingekoop.

Die Kellerman-woning in Kronkelstraat was die depot waar kontrakte geteken is en dividende uitbetaal is.

In Augustus 2006 was daar al meer as 60 beleggers in die Paarl, enkeles met tot R1 miljoen in die skema, ander tot R400 000.

En toe begin die geld opdroog.

Verlede jaar het beleggers Kellerman daarvan beskuldig dat hy ’n “vennoot” van Haggard was. “Sou ek my vriende en familie ingetrek het as ek gedink het dis ’n bedrogspul?” het Kellerman verweer.

“Noudat ons oor hom begin twyfel, trek hy met sy kort lyf, sy rooierige hare en sy maniere heelwat op Arthur Brown van Fidentia,” het ’n gefrustreerde belegger gesę.

Vroeg Woendsdag is Haggard en Kellerman in hegtenis geneem, maar hulle is later op borg vrygelaat. Hulle verskyn weer op 28 Augustus in die Paarl Hof, waarna die saak by die Handelshof in Belville voortgesit sal word.

Die brandstofverspreiding was nie al waarin Haggard beleggings aangemoedig het nie. Daar was ook ’n SMS-maatskappy genaamd “Amawina”.

Paarlse speurders het die dossier oorgegee aan ’n spesialisondersoeker van die Handelsmisdaadeenheid in Kaapstad. Die moontlikheid van ’n piramide-skema is ondersoek.

Haggard het twee vorige veroordelings vir roekelose en nalatige bestuur en is skuldig bevind op twee aanklagte van ongerymdhede gepleeg in gevangenisse toe hy vir Korrektiewe Dienste gewerk het.

* Two men have been arrested for a suspected pyramid scheme involving 64 Paarlites who stand to lose more than R10 million.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za