Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tornado ploeg deur Paarl

Tornado ploeg deur Paarl
 
2008-07-24

Lise Beyers

CHAOS is verlede week Dinsdagaand gesaai in dele van die Paarl, toe ’n tornado soos blits deur die dorp beweeg het.

Terwyl ’n ligte reën uitgesak het, het ’n enorme rukwind skielik getref wat inwoners aan hul rusbanke laat vasklou het.

Die eerste slagoffer van hierdie frats-tornado, was Bellevue-plaas in Agter-Paarl. Hier is dakke van hen-huise en store afgeruk, ’n klipmuur verpletter, voertuie beskadig en bome uitgeruk.

Plaasbestuurder, Sakkie Botes, het vertel dat hy omstreeks 18:10 in sy kantoor gesit het toe hy ’n yslike gedreun gehoor het.

“Die gebou het begin skud en buite was ’n reuse-lawaai. Die alarm van die elektriese heining was ook geaktiveer.

“Teen die tyd dat ek buite gekom het, was die stormsterk wind verby, maar voor my was daar ’n toneel van totale chaos.”

Die plaaswerf het Woensdagoggend behoorlik gelyk asof dit deur die spreekwoordelike orkaan getref is.

“Gelukkig is geen van ons mense of diere beseer nie, maar die strukturele skade is geweldig.”

Meer as ’n honderd tree van die opstal is sink-dakplate binne-in ’n olyfboord geslinger, so sterk was die krag van die wind. Hiervandaan het die tornado oor Paarlberg gewoed, net om verdere skade in die dorp aan te rig. Talle bome is ontwortel en dakke is beskadig.

By Klein Boishaai het drie bome bo-op die dak van die preprimêre afdeling beland, wat erge skade aan die dak veroorsaak het.

Parkview-woonstelle in Markstraat het ook deurgeloop onder die woede van die wind en die voorkant van die dak is gedeeltelik afgeruk en oor die woonstelblok gedryf tot in die agterplaas. Stukke van die dakplate was gestrooi oor die hele parkeerterrein.

Hierna het die wind in die rigting van die Bergrivier beweeg, ’n gedeelte van die beton- omheining by die ou tronk in flarde geslaan en toe is dit die beurt van die Toringkerk se kerkhof om deur te loop.

En geruk is dit inderdaad.

Sowat tien reuse sederbome is soos domino-blokkies platgeslaan deur die krag van die wind. Boonop is talle grafte erg beskadig.

Die Toringkerk se nutsman, Neels Visser, trek tans sy hare uit sy kop weens dié geweldige skade.

“Dit gaan maande neem voordat ons hier klaar opgeruim het. En dan kom ons eers by die skade wat aan die grafte aangerig is.

“Ons vermoed dat van hierdie bome ongeveer 150 jaar oud moet wees, want die eerste graf in die kerkhof dateer uit 1867.”

Bome in die Arboretum is uitgeruk, sowel as in die Parys- begraafplaas.

Munisipale werkers het vir die afgelope week hul hande vol gehad met opruimingswerk.

Alhoewel die weerkantoor geen kennis dra van ’n tornado wat deur die gebied getrek het nie, wys die duidelike paadjie van verwoesting wat die wind gesaai het, dat dit wel ’n minitornado moes gewees het wat in Suider- en Sentraal-Paarl gedraai het.

Dieselfde aand is reuse-

skade ook deur ’n rukwind aangerig in Vredenburg.

* Certain areas of Paarl were struck by a mini-tornado last week, leaving a trail of devastation.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za