Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslede toer na Ghana

Raadslede toer na Ghana
 
2008-07-24


’n AFVAARDIGING van sewe amptenare en raadslede van Drakenstein Munisipaliteit was onlangs in Ghana vir die eerste kongres van die kongres van United Cities and Local Governments of Africa (UCLGA).

Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Anthony Sauls, was meer as dertig Afrikalande verteenwoordig, met ’n totaal van omtrent 1500 afgevaardigdes.

“Die doel van die konferensie was om nuwe leierskap vir UCGLA te verkies, in samewerking met die wêreldliggaam United Cities and Local Governments (UCLA) te bespreek en te verbeter, asook om interaksie en samewerking van verskillende Afrika stede en dorpe te bespreek.”

Ander onderwerpe van bespreking wat plaaslike regerings in Afrika en die wêreld raak, soos aardverwarming, en die millennium doelwitte wat plaaslike regering nastreef, is ook aangeraak.

Drakenstein was verteenwoordig deur Sikhumbuzo Mgajo (Speaker), Kapa Xhaso (ANC Hoofsweep, dr Sidima Kabayane (Munisipale Bestuurder), Anthony Sauls (Hoof van Beleid, Navorsing en Kommunikasie), en raadslede Tulani Kompela, Marthinus le Hoe en Warrie Apollis.

Die kostes van die Drakenstein afvaardiging het sowat R200 000 beloop.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za