Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa van twee sterf op motorfiets

Pa van twee sterf op motorfiets
 
2008-07-24

Lise Beyers

VERSKEIE ongelukke op plaaslike paaie het die afgelope week groot hartseer veroorsaak.

Vrydagmiddag is ’n pa van twee kinders dood toe sy motorfiets kop-aan-kop met ’n motor gebots het in die Paarl.

Die ongeluk het kort na 17:00 plaasgevind, toe Derik Jonck (35) huis toe gery het vanaf sy werksplek by Hydraberg Hydraulics. Hy het by Hospitaalstraat opgery, toe hy deur die voertuig getref is.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat beide motorfiets en motor nie vinnig gery het nie, maar Jonck het ’n ernstige kopbesering opgedoen toe hy die grond getref het.

Jonck, ’n ywerige motorfiets-geesdriftige, is gister vanuit die Bikers’ Church by Protea- aanbiddingsentrum ter ruste gelê.

Hy word oorleef deur sy ouers Freek en Annali, broers Johan, Marius en Chris-

tiaan, en kinders Annemarie en Erik, wat in Villiersdorp woon.

* ’n Werknemer van Paardeberg-gevange- nis het wonderbaarlik byna ongedeerd uit ’n wrak geklim, nadat haar voertuig in ’n botsing betrokke was met ’n vragmotor.

Die ongeluk het Vrydagoggend plaasgevind op die berugte kruising van die R44 en die Voor-Paardebergpad.

Annemie Smit was omstreeks 07:15 vanaf die Paarl onderweg na die gevangenis, toe haar motor deur die vragmotor getref is terwyl sy die R44 oorgesteek het.

Talle ongelukke het reeds die lewens van mense hiér geëis.

Volgens reddingswerkers is die rede hiervoor dikwels die geweldige spoed waarmee motorriste op die R44 ry.

Smit het die dag ná die ongeluk vir die Metro-werkers wat vir haar uit die wrak gesny het, persoonlik gaan bedank vir hul goeie werk. Sy het ’n groot sny aan haar kop opgedoen, asook verskeie kneusings op haar lyf.

* ’n Egpaar van Bonnievale het ook wonderbaarlik die dood vrygespring, toe ’n vrag staalpype hul motor deurboor het.

William James (52) en sy vrou Annatjie (53) was Woensdagmiddag vanaf Franschhoek na die Paarl onderweg toe die staalpype van ’n vragmotor afgegly het wat in die teenoorgestelde rigting gery het.

Die egpaar was so geskok deur die gebeurtenis, dat hulle nie die erns van hul beserings besef het totdat hulle uit die wrak geklim het nie.

William se bene is deurboor deur ’n pyp, en ’n homp vleis is uit Annatjie se bobeen geskeur.

Albei moet nou intensiewe mediese behandeling ontvang voordat hulle weer op die been sal wees.

Volgens ooggetuies kon hulle sien hoe die pype los rondskuif voordat hulle by die vragmotor afgeskiet het.

Nog ’n voertuig is getref, maar die insittendes is nie beseer nie.

* Accidents in the Drakenstein area proved fatal this past week.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za