Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tyd vir uithaal en wys

Tyd vir uithaal en wys
 
2008-07-31


VERITAS, Suid-Afri­ka se grootste onafhanklike kompetisie vir markklaar wyn, kom weer nader.

Wynmakers het tot 15 Augustus tyd om hul uitblinkers vir vanjaar se groot uitdaagstryd in te skryf.

Diegene wat egter net daardie ekstra tydjie nodig het, kan tot 25 Augustus vir ’n laat inskrywing reël, maar dan is die inskrywingsfooi R825 plus BTW per wyn in pleks van die gewone R625 plus BTW.

Die spesialis-panele sal vanaf die 8-12 September by Nederburg Veilingkompleks byeenkom om ingeskrewe wyne volgens die OIV se internasionale riglyne te takseer en sodat konsensus oor puntetoekenning bereik kan word.

Daarna volg die vier weke van gespanne afwagting totdat die uitgesoekte-wyne aan wie ‘Veritas faam’ vanjaar toekom op Saterdag 11 Oktober bekend gemaak word.

Van die 1 904 inskrywings van verlede jaar, het ’n skrale 44 (of 2%) dubbelgoud behaal en tien (of 5%) goud verower.

Uit die toekennings kan daar ook afgelei word watter style en kultivars tans die beste in Suid-Afrika vaar en in watter streke.

Daar kan ook afleiding gemaak word oor hoe die laaste paar seisoene klimaatsgewys hul stempel op veral rooiwyne afgedruk het.

Soos die jare aangeloop het en SA se wyne al beter geword het, so word die kompetisie al taaier.

Die 2008 Veritas inskrywingsvorm en katalogus is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za en by die SA Nasionale Wynskouvereniging (SANW) kantoor.

Vir verdere navrae kan Elsabé Ferreira gekontak word by 021­807-3104, faks 021-863-2079 of stuur ’n epos aan ferreira@ vinpro.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za