Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Smaakkliere ingestem vir proe

Smaakkliere ingestem vir proe
 
2008-07-31


DIE Suid-Afrikaanse wynbedryf se mees uitgelese beoordelaars het reeds hul smaakkliere begin instem vir die beoordeling van vanjaar se jongwyne wat tot môre in die Nederburg veilingkompleks in die Paarl duur.

Daarna is dit naels kou tot 21 Augustus wanneer die uitslae en trofee­wenners vir die 2008 SA Jongwynskou op ’n middagete met die Suid-Afrikaanse Nasionale Wyn­skou-­vereniging (SANW) en Agri-Expo as gasheer in die Lord Charles Hotel op Somerset-Wes bekend gemaak word.

Net een van die 2 036 ingeskrewe wyne is bestem vir die gesogte Generaal Smuts Trofee wat al vir meer as 50 jaar lank vir die beste wyn uit die nuwe oes toegeken word. Die wynbedryf beskou die Pietman Hugo Trofee as ’n desgelyke eer, omdat dit aan die wynmakery met die hoogste punte vir vyf inskrywings toegeken word en ’n besonder akkurate toets vir veelsydigheid is.

Sake word soos gewoonlik in 17 wynkategorieë uitgespook, waarvan elk deur ’n afsonderlike paneel van sewe beoordelaars, elk met ’n grondige kennis van daardie soort wyn, beoordeel word.

’n Agtste lid – ’n jongelingproeër wat kennis van wyn-evaluering opdoen – proe sedert verlede jaar vir die ondervinding saam met elke paneel en dit gaan vanjaar weer die geval wees.

Die wynkategorieë is Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnit, Soeterige Wit, Edellaatoes, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel.

Die kelder wat die beste wyn in elk van dié kategorieë oplewer, word ’n kampioenskapstrofee ryker, terwyl ander met goue, silwer en brons medaljes kan spog, mits hulle ’n gegewe punt uit ’n moontlike 20 te kry.

Versnitwyne – sowat 100 elk van droë wit en gehoute rooi – blyk vanjaar die gewildste kategorieë te wees, met ongehoute Sauvignon Blancs kort op hul hakke met 99.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za