Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tyd vir optrede met spaar

Tyd vir optrede met spaar
 
2008-07-31


DIE land se skuldbelaaide burgers steier onder die las van ’n verswakkende lewenspeil wat deur hoë rentekoerse en stygende brandstof- en voedselpryse gekenmerk word.

Die tyd het aangebreek vir drastiese ingryping en ’n gesamentlike poging van die regering, die privaat sektor en NRO’s om ’n blywende spaarkultuur in Suid-Afrika te vestig.

Hierdie wekroep tot aksie van Sanlam se uitvoerende hoof, Johan van Zyl, volg op die nou bekende Suid-Afrikaanse Spaarmaand – ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Spaarvereniging (SASV) - wat daarop gemik is om groter bewustheid oor die nodigheid van spaar te kweek en aktiewe stappe te bevorder om Suid-Afrikaners aan te moedig om te spaar.

Dr Van Zyl sê Suid-Afrika se kommerwekkende lae huishoudelike spaarkoers vererger die reeds kwesbare scenario waarmee die land se armste huishoudings te make het.

“Alhoewel navorsing en onderhandelingskonferensies die uitdaging in perspektief stel, is die tyd vir praat verby. Wat nou nodig is, is ’n doelgerigte poging om praktiese oplossings daar te stel.”

Na sy mening het die finansiëledienstesektor ’n belangrike rol te speel om die spaarwerklikheid van Suid-Afrikaners te verander deur die ontwikkeling van bekostigbare, regverdige, billike en volhoubare spaaroplossings wat in die behoeftes van alle sektore van ons gemeenskap voorsien.

Hy sê dat alhoewel die finansiëledienstebedryf skerp op hierdie spaaraspek moet fokus, dit saam met ander rolspelers reeds ook nou betrokke is by die regering se voorgestelde Nasionale Bestaansbeveiligingstelsel.

“Die finansiëledienste sektor kan na ons mening baie help om ’n bestaansbeveiligingstelsel te vestig.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za