Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Barmhartiges help

Barmhartiges help
 
2008-07-31


VIR twee weke na mekaar lees ons van lelike aanvalle op twee hulpelose straatmense wat leef van wat mense uit liefde aan hulle gee.

Deur hierdie felle winterdae en nagte oorleef hulle sonder huisvesting en droë klere.

Mense wat ’n adres het, ’n heenkome, ’n werk en mense wat vir hulle omgee, sien egter kans om op ’n ander wat minderbevoorreg is, te trap.

Verder word hul uitgekryt vir alles wat sleg is en ander word opgesweep om saam te kom staan en verder klippe te gooi.

Is dit toevallig dat hierdie twee verdwaalde mense byna in die skaduwee van ’n baie mooi kerk beland het? Die Bybel nooi ons om antwoorde te vind.

Die Here plaas geleenthede op ons voorstoep om te wys dat Sy kinders ’n verskil kan maak.

Hy stuur ons na byeenkomste en herlewingsgeleenthede, nie om net terug te kom en voort te gaan soos vroeër nie, maar om ’n stukkende wêreld te kom heel maak.

Of sal van ons ook gesê moet word: ‘Hy/sy het verby gestap,’ soos by die byna sterwende man voordat die barmhartige Samaritaan gekom het, of ‘Ek was honger en julle het my niks gegee om te eet nie’ (Matt 25.42).

Het haat en vertrap en veragting die tekens van ons ook hier in die mooi vallei geword?

Nou is dit nie vreemdelinge-haat nie, maar van ons eie, selfs van bejaardes.

Hiermee rig ek dringend ’n vriendelike uitnodiging aan ander wat ook hierdie man en vrou leer ken het en omgee, om ons te kontak by 021-873­2928.

Ons dien ’n magtige koning wat ook vir Anna en Alec gemaak het en vir hulle lief is. Saam kan die Here vir ons help om na hulle om te sien (“...en vir sover julle dit aan ander gedoen het, het julle dit ook aan my gedoen”).Samaritaan




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za