Ontbyt vir interskole
2008-07-31
DIE interskole in die Paarl tussen Paarl Hoër Meisieskool, Paarl Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium is een van dié jaarlikse instellings in die Paarl wat groot belangstelling ontlok. Paarl Hoër Meisieskool bied vandag om 07:30 ’n ontbyt aan by Kronenburg met 2007 hoofdogter Roché Moore as die spreker. By hierdie geleentheid word erkenning gegee aan die o.13A, o.14A, o.16A en o.19A hokkie- en netbalspanne. Alle oud-leerders, ouers en familie kry hier die geleentheid om gees te bou voor die groot dag. Kaartjies is teen R130 beskikbaar by die skool. Belangstellendes kan MarieLouw van der Merwe by 021-872-1730 skakel of stuur ’n epos aan sport@paarlgirlshigh.org.za.
More
News
|