Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eet 'n koejawel vir 'n gesonde lyf

Eet 'n koejawel vir 'n gesonde lyf
 
2008-07-31


KOEJAWELS is moederaarde se grootste en maklikste bron van vitamien C.

Hierdie juweel van ’n vrug is so veelsydig en help jou om ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Dis die perfekte wintervrug om die immuunstelsel ’n hupstoot te gee tydens die griepseisoen.

Vra maar net vir die mense van die Bovlei, waar hierdie vrugte dié tyd van die jaar volop in boorde pronk. Hier skrik Bovleiers nie vir ’n verkoue nie, want koejawel is deel van hul lewens.

Hulle is beskikbaar reg oor Suid-Afrika, en word vanaf April tot September geöes in dele van Mpumalanga, Lipopo Provinsie en die Wes-Kaap.

Die wintervrug bevat drie tot ses keer meer vitamin C as lemoene, 10-30 keer meer as piesangs en omtrent 10 keer soveel as papajas. Die grootste konsentrasie van vitamin C word net onder die skil gevind, terwyl die pitte yster bevat.

Koejawels bevat ook likopene wat help om hartsiektes en prostaatkanker te voorkom.

’n Koejawel is ook ’n ryk bron van vesel en is ’n uitstekende keuse as jy daardie lyfie deur die wintermaande wil behou omdat dit slegs 0,18 kilojoules bevat.

Hierdie perfekte wintervrug sal jou immuunstelsel opbou om jou teen die kwale van verkoues en griep te beskerm tydens die koue wintermaande.

Vitamin C is ’n kragtige antiöksidant en ’n noodsaaklike voedingstof om die liggaam te beskerm.

Buite seisoen is koejawels net so gesond. Geniet ingemaakte koejawels of koejawelsap reg deur die jaar.

Die vitamin C inhoud van koejawels is merkwaardig stabiel wanneer dit ingemaak of gedroog is en dis juis wat hierdie vrug so veelsydig maak.

Koejawels kan op soveel maniere gebruik word. Dit kan geniet word as ’n sap, in jellies, verpulp of selfs gestoof. Koejawels vries ook baie goed.

Die koejawel is ’n geharde boom, inheems aan Sentraal- en Suid-Amerika en waar dit wild groei sowel as gekweek word.

Koejawels is al in Suid-Afrika vir meer as drie eeue nadat Jan van Riebeeck die eerste koejawels vanuit Madeira Kaap toe gebring het.

Daar is in die beginjare baie met verskillende koejawelsoorte geëksperimenteer wat gelei het tot die ontstaan van koejawels met name soos Malherbe, Rousseau, Du Preez, Van Zyl en Fan Retief.

Die eerste kommersiële boorde is in die Paarl deur Fan Retief in 1890 geplant en van hierdie oorspronklike bome is steeds op Palmietvallei landgoed, ’n vyf-ster gasteplaas buite die dorp, te siene.

Vandag is die belangrikste vervaardigers van koejawels afkomstig van Suid-Afrika, die Republiek van China en Hawaii.

Wees verseker om ’n magdom koejawels hierdie winter te eet wanneer hulle in oorvloed beskikbaar is. Of jy hulle nou inlê, die sap drink of hulle net so eet – dit is definitief ’n winter-nood­saaklikheid vir die hele gesin.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za