Kou saam met dié komedie
2008-07-31
DIE US Drama Departement bied Aan’t ete/Eight aan, ’n swart komedie wat pas teruggekeer het van die Grahamstad Nasionale Kunstefees. Aan’t Ete/Eight is te siene in die HB Thom- teater van 7 tot 9 Augustus om 19:30 saans. Die Van Heil-familie nooi jou uit na ete en om die warboel om hulle etenstafel te aanskou. Die kos hier is in oorvloed, maar as jy oorgewig is mag jy net kyk, tot jy iets daaraan doen. Mev Van Heil gaan tot alle uiterstes om te verseker dat haar dogter gewig verloor, selfs as dit haar in die arms van Edmund Gore dryf. Gore het ’n boepens, en ’n yskas om vol te maak. Kaartjies kos R35 en R25 vir studente. Vir navrae of besprekings, skakel Mervyn Williams by 082-575-4563.
More
News
|