Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boumateriaal gou teruggevind

Boumateriaal gou teruggevind
 
2008-07-31


DIE oplettendheid van ’n skof polisiemanne het gelei tot die spoedige terugbesorging van gesteelde boumateriaal en toerusting.

Terwyl hierdie beamptes Woensdagaand verlede week ondersoek ingestel het by ’n vermeende smokkelhuis in Vanwyksvlei, het hulle opgelet dat daar talle sakke sement op die perseel rondlê.

Toe die moeë beamptes op pad was om uit te klok die Donderdagoggend, het ’n boukontrakteur ’n diefstal by die polisiestasie kom aanmeld.

Die diewe het die slot van ’n houer op sy perseel in die Wellington nywerheidsge- bied afgebreek en ’n kragopwekker gesteel, asook verf, sement en nog gereedskap.

Toe die beamptes hoor van die sement, het hulle twee en twee bymekaargesit, en hulle is terug na die smokkelhuis.

By nadere ondersoek het hulle nie net afgekom op die boukontrakteur se gesteelde goedere nie, maar nog bougereedskap wat vermoedelik ook gesteel is.

André Morrilly is in hegtenis geneem in verband met die diefstal.

Nodeloos om te sê, die boukontrakteur was geweldig verlig, want die toerusting was nie verseker nie.

Diegene wat nog boumateriaal en gereedskap vermis, kan die Wellington polisie kontak by 021-864-8440.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za