Skoliere stal kuns uit
2008-07-31
DIE Jack Meyer Kunssentrum hou volgende Donderdag 7 Augustus ’n kunsuitstalling by die sentrum van werke deur hul kunsstudente. By die opening die aand om 19:00 is daar ook ’n modeparade deur die juweliers- en tekstielwerk- leerlinge met hul kunswerke. Kunswerke van verskeie bekende en onbekende kunstenaars sal te koop aangebied word. Toegang is R30 en dit sluit kaas en wyn in. Skakel Elsa Breytenbach by 021-872-2095 vir navrae.
More
News
|