Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skrootdiewe baljaar

Skrootdiewe baljaar
 
2008-07-31

Lise Beyers

DIE mense van Salomonsvlei is keelvol.”

So sê die wingerdbestuurder van dié plaas, Attie Mitchell.

Mitchell is al 26 jaar werksaam op hierdie plaas in Klein Drakenstein en hy voel een met dié plaas.

Die rede vir Mitchell se uitbarsting is die aanhoudende diefstal wat hulle hier ondervind.

Verlede jaar het Paarl Post berig oor 25 wingerdstokke wat een aand afgesaag is, vermoedelik om vir braaihout te verkoop.

Verlede week was Salomonsvlei weereens die teiken van diewe, toe verskeie ysterstutte gesteel is en ’n splinternuwe heining verniel is.

Die ysterstutte word as steunpilare gebruik vir die wingerd, om dit te steun wanneer dit in die somer swaar dra.

En alhoewel hierdie stutte in die grond vasgesement is, het boewe daarin geslaag om oornag talle hiervan af te saag.

“So ’n stut is sowat R600 een en dit is ’n geweldige verlies vir ons.”

Dieselfde aand het hulle die ysterpale van ’n nuwe heining verwyder wat Salomonsvlei van die N1 skei.

Die heining het platgelê en daar is vermoed dat die diewe weer sou terugkom, om dit ook te steel.

En net toe Mitchell en plaaseienaar Danie Malan gedink het dat niks meer vir hulle kon skok nie, het hulle op die varswaterpomp op die plaas afgekom waar die diewe twee groot ysterdeksels verwyder het. Hulle het ook die ysterdeur uit die muur van die pomphuis probeer breek.

“Deur die jare word ons rot en kaal gesteel. Vrugte, hout en nou enige metaal waarop hierdie men- se hul hande kan lê.

“Die mense kom vermoedelik vanaf Amstellhof, en alhoewel ons ’n paar keer al verdagtes gevang het, is hulle net weer vrygelaat deur die regstelsel.

“Talle mense is afhanklik van Salomonsvlei en as ons besluit om weens hierdie aangaande verliese tou op te gooi, waarheen gaan ons dan?”

Mitchell wys ook vinger na skroothandelaars wat dit moontlik maak vir hierdie diewe om hul gesteelde ware te verkoop.

“Ons was na skroothandelaars toe om te kyk of ons nie van ons staalstutte kon sien nie.

“Ons het wel by een handelaar in Daljosafat stutte gesien wat ooreenstem met dié wat van ons gesteel is, maar hulle wou nie hê dat ons nadere ondersoek doen nie.

“Ons het die polisie hiervan in kennis gestel en hulle stel ondersoek in.”

* Metal thieves are rampant on a local farm.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za